• strict warning: Non-static method view::load() should not be called statically in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/views.module on line 906.
  • strict warning: Declaration of views_handler_filter::options_validate() should be compatible with views_handler::options_validate($form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/handlers/views_handler_filter.inc on line 26.
  • strict warning: Declaration of views_handler_filter::options_submit() should be compatible with views_handler::options_submit($form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/handlers/views_handler_filter.inc on line 26.
  • strict warning: Declaration of views_plugin_row::options_validate() should be compatible with views_plugin::options_validate(&$form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/plugins/views_plugin_row.inc on line 24.
  • strict warning: Declaration of views_plugin_row::options_submit() should be compatible with views_plugin::options_submit(&$form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/plugins/views_plugin_row.inc on line 24.

Die Plaaswerf en sy personeel verwelkom reeds sedert 1998 verskeie Laer- en Kleuterskole vir ‘n opvoedkundige plaasbesoek.

Ons is sentraal geleë en binne maklike bereik van skole in Pretoria, Kempton Park en die Oos-Rand, Midrand, Centurion en die Wes-Rand op dieselfde perseel as Wag ‘n Bietjie Kampterrein. Die Plaaswerf lê tussen Pretoria en Kempton Park, net oos van die R 21, naby Olifantsfontein.

Die program en fasiliteite word voortdurend verbeter en uitgebrei om in u behoeftes te voorsien.

‘n Minimum van 50 leerders per groep word vereis. Neem asseblief kennis dat ons nie oop is vir die publiek nie.

‘n Opvoedkundige program vanaf 09:00 tot 12:00 word deur ons opgeleide personeel aangebied en beloof om die leerder se plaaservaring en kennis te verbreed.

Die Plaaswerf sluit om 13:00

Die program sien as volg daaruit:

● Arena Vertoning:
● Die koei word gemelk; Praatjie rondom beeste, skape, bokke & varke.
● Besoek aan Pluimvee hokke:
● Sluit in eksotiese eende, swane, kalkoene, tarentale, makoue, poue, ganse & lê-henne,
● Ander diere op die plaas waaroor daar gesels word: perde, donkies, skilpaaie, ystervarke, uitheemse apies.
● Nog interessante diere op die plaas om iets van te leer is kamele, alpacas, volstruise & emoes.
● Diere word gevoer: Leerders moet asseblief eie dierekos saambring soos brood, groente, vrugte ens.
● ‘n Rit op die safari-trok

Tydens pouses:

● Twee pouses van 30 minute elk word tussen praatjies ingeruim.
● Eie kospakkies kan genuttig word
● Kospakkette vir leerders beskikbaar (bespreek asb)
● Speelpark
● Snoepie

Pakkette Beskikbaar:

A. Toegang, program, warmbrak & sappie
B. Toegang, program, roomys
C. Toegang & program
D. Toegang & program (GEEN trokrit)
E. Toegang, program & kameelrit (100+ leerders)
F. Toegang, program & rit op donkiekar

Vir Personeel:

● Gratis toegang
● Gratis tee en toebroodjies
● Middagetes beskikbaar (Besprekings noodsaaklik)